|
Cussonia Crest Geniet jou troudag in grasieuse elegansie aan die voet van die betowerende Magaliesberg.
Hierdie idilliese onthaalbestemming ontleen sy naam aan die Kiepersol wat in oorvloed in die omgewing gedy. Die Middelwater natuurreservaat wat van die voet tot bo-op die kruin van die Magaliesberg strek is geleë in en is deel van die Peglarea Bewama wat vanaf Hornsnek tot by Silkaatsnek strek. ‘n Skemer uitstappie met die teerpad tot bo-op die berg sal vir ‘n asemrowende uitsig oor die bosveld na die noord-weste en oor die Hartebeespoortdam na die suid-weste sorg.
“Burkea Afrikana” klipkapel is uniek – ‘n Gotiese monument wat uit bergklip gebeitel en gebou is en homself nestel tussen pragtige bergseringe. Twee reuse hardekoolstompe lok jou na die ruim Imberbe saal met sy lekker kuier kontantkroeg. Die warm persoonlike diens wat jou gaste sal geniet, sal maak dat jou spesiale dag julle vir ewig sal by bly. Cussonia Crest bied verskillende pakette, spesiaal vir jou! Handige inligting, voorstelle, pryse en inligting is op aanvraag beskikbaar.
|
